Manuskripontwikkeling

 
Kortliks
Wat is manuskripontwikkeling?

Wanneer jy jou manuskrip vir my stuur om te ontwikkel, lees ek dit krities en bespreek daarna met jou die die haakplekke en probleemareas van jou verhaal.  Die doel is om jou te wys waarop jy kan voortbou en waar jy jou verhaal moet verbeter.  Manuskripontwikkeling is nie taalversorging nie.  Ek maak nie taalfoute reg nie; ek kyk eerder na die groter geheel: na die struktuur van jou verhaal, verteller en fokalisasie, karakterontwikkeling, dialoog, intrige en opbou van spanning, en die hantering van ruimte.  Terugvoer geskied telefonies, deur skype of een-tot-een.  Ek stuur na ons gesprek 'n kort verslag met my notas en aanbevelings.  

Waarom Madri?

Ek is langer as 10 jaar in die boekbedryf en het baie geleer as redakteur (by NB-Uitgewers sowel as vryskut).  Ek werk gereeld saam met uitgewers en gepubliseerde skrywers, maar ek het 'n hart vir jong, ontluikende skrywers.  Meer nog:  ek skryf self, ek verstaan die struwels en vreugdes.  Ek geniet werklik my werk - en dit wys in my interaksie met skrywers.

Doelwit
Kan ek publikasie waarborg?

Die doel van manuskripontwikkeling is om jou manuskrip sterkter te maak, af te rond en gereed te kry vir voorlegging aan 'n uitgewershuis.  Ek help jou nie met daardie voorlegging nie, maar sal jou wel raad gee sodat jy die geskikte uitgewer vir jou werk kies en 'n professionele voorlegging kan maak.  Aangesien ek vryskut werk en nie verbonde is aan 'n uitgewershuis nie, kan ek geen verantwoordelikheid aanvaar vir publikasie nie.  Die finale besluit ten opsigte van publikasie bly steeds by die uitgewer.

Ander werk 

Mentor

(Spook)skrywer

Resensent

Gespreksleier

Aflosdosent by Universiteit Kaapstad

​Samesteller van Woordfees kortverhaalbundel

Koste
Koste van manuskripontwikkeling

​Vootdat ek jou verslag skryf, stuur ek vir jou 'n kwotasie vir die koste. Langer manuskripte sal vanselfsprekend meer tyd neem en so dus duurder wees.   

Volg my

© 2023 by Nicola Rider.
Proudly created with Wix.com

 

Bel my

076 222 9364   

  • Facebook Clean
  • Instagram - White Circle