Boeke

Enkele boeke waarby ek betrokke was

 
Bloedvreemd, Juliana Coetzer

Jonathan Ball Publishers

"Soms kom ’n mens ’n boek teë wat jou feitlik onmiddellik laat vermoed dat dit een van die uitstaan-leeservarings gaan wees tussen die versameling van alles wat jy al in jou lewe onder oë gehad het. Bloedvreemd is só ’n boek."

 - Douwleen Bredenhann oor Bloedvreemd op LitNet​

"...Bloedvreemd [is] inderdaad 'n meesleurende, ontroerende en aangrypende boek."

 - Willie Burger oor Bloedvreemd in Vrouekeur

Ek en Prins Donkerkuif, Dihanna Taute

Human & Rousseau

"Die humor is vlymskerp en die woordgebruik kostelik en vars. Dit is egter ook ’n storie wat aangryp, met intense oomblikke van hartseer en ontgogeling [...] Dihanna Taute het beslis ’n op-die-pols-aanvoeling vir wat in jong gemoedere aangaan."

 - Henriëtte Loubsher oor Ek en Prins Donkerkuif  op LitNet

 

 

Beseringstyd, FJ Labushagne

Naledi

"Ek het al die vergelyking getref dat 'n boek uitbring neerkom op dieselfde proses as om uiteindelik vir die Groen en Goud uit te draf. Een persoon alleen kan dit nie doen nie. Afrigters, skeidsregters, spanlede. Ek sal enige dag saam met Madri Victor opdraf vir 'n wedstryd. Nie net ken sy hierdie spel nie, maar sy is iemand wat 'n mens in jou span soek."

 - FJ Labushagne

(Kyk hier na die lokprent)

Glipstroom, Anemari Jansen

Human & Rousseau

"'n Eerste manuskrip gaan gepaard met 'n groot mate van onsekerheid, asook onkunde. 'n Mens het iemand nodig wat in jou en jou manuskrip glo. Iemand wat die wêreld van woorde verstaan. Vir my was dit Madri. Van ons eerste ontmoeting het sy met haar sonnige geaardheid my hart gesteel. Sy het my met 'n sagte, ferm hand deur die geboortepyne van 'n eerste boek begelei."

 - Anemari Jansen

Volg my

© 2023 by Nicola Rider.
Proudly created with Wix.com

 

Bel my

076 222 9364   

  • Facebook Clean
  • Instagram - White Circle