Die kortverhaal

“A good short story crosses the borders of our nations and our prejudices and our beliefs. A good short story asks a question that can’t be answered in simple terms. And even if we come up with some understanding, years later, while glancing out of a window, the story still has the potential to return, to alter right there in our mind and change everything.” ― Walter Mosley

In hierdie werkswinkel bespreek ons hoe die kortverhaal van die roman verskil. Ons plaas karakterontwikkeling onder die vergrootglas en ondersoek hoe jy met ʼn beperkte aantal woorde verandering en groei in jou karakter wys. Hoe bou jy spanning op? Hoe beïnvloed jou keuse van verteller, struktuur en tempo jou verhaal? Ons gesels oor perspektief, “show & tell” en woordkeuse. Die kursus is prakties: deelnemers doen skryfoefeninge gedurende die werkswinkel, maar stuur ook vooraf vir my ʼn kortverhaal wat ek ter illustrasie gebruik. Jy kry dus deur die loop van die dag terugvoer op jou verhaal. 

9780798156349Wat sluit die kursus in?

  • Volledige notas met ekstra oefeninge
  • Alle skryfbehoeftes
  • Oggendkoffie met peuselhappies, middagete en middagtee met gebak
  • Terugvoer op jou kortverhaal en skryfoefeninge wat gedurende die werkswinkel gedoen word


Wanneer is die werkswinkels?

Ek bied verskeie kursusse per jaar aan. Die volgende kursusse vir 2015 vind plaas op Saterdag 1 Augustus en 10 Oktober. Kontak my vroegtydig indien jy belangstel; plek is beperk.

Wat kos dit?

Die kursus kos R800 en word in Durbanville by Ruslamere gastehuis gehou.

Hoe skryf ek in?

Om in te skryf, kontak my telefonies by (021) 975 0237 / 076 222 9364 of stuur ʼn e-pos aan info@madrivictor.co.za